Journal of Family Ecology and Consumer Sciences / Tydskrif vir Gesinsekologie en Verbruikerswetenskappe · 2009 · 14 citations · 25 references
AnemiaMalnutritionNutritionAnaemia PrevalenceNutritional EpidemiologyVitamien B12GeriatricsSerum FolaatRural HealthPublic Health NutritionDietary IntakeSouth AfricaSerum Vitamien B12Public HealthMedicine
Anemie in bejaardes het verskeie negatiewe gevolge vir gesondheid, algemene welstand en langslewendheid. Bejaardes wat in peri-stedelike woongebiede woon is veral blootgestel aan risikos as gevolg van voedsel en voeding insekuriteit wat verband hou met armoede en dus lei tot ‘n koolhidraatryke dieet laag in yster, folaat en vitamien B12. Hierdie studie ondersoek die voorkoms van anemie en die verband tussen dieetinname van verskeie nutriënte en anemie soos gemeet in ‘n steekproef van 138 swart, bejaarde respondente wat in ‘n peristedelike gebied woon in Suid Afrika. Bloedmonsters is gekollekteer en geanaliseer vir hemoglobien, hematokrit, gemiddelde korpuskulêre volume, rooi bloedsel telling, serum ferritien, transferrien, serum yster, serum folaat en serum vitamien B12. Liggaamsmassa indeks is bepaal deur antropometriese metings en dieetinnames deur middel van ‘n 24-uur herroep. Data analises is gedoen op die “Statistical Package for Social Sciences (SPSS)” vir “Windows” uitgawe 15,0. Biochemiese parameters was vergelyk met verwysingswaardes. Gemiddeldes, standaard afwykings en mediane is vir elke parameter bepaal. Dieet innames en voedsel verbruikerspatrone is geanaliseer deur ‘n geregistreerde dieetkundige deur middel van die Foodfinder® edisie 3 program, wat deur die Mediese Navorsingsraad van Suid Afrika ontwikkel is. Die Levene’s t-toets vir gelykheid van variansies was gedoen om verskille in gemiddeldes tussen mans en vrouens te bepaal en Pearson korrelasie koeffisiente was gedoen om assosiasies tussen die studie parameters te ondersoek. Die mans het betekenisvolle hoër gemiddelde waardes gehad (p
25
Paula R. Trumbo, Allison A. Yates, Sandra A. Schlicker et al. · Journal of the American Dietetic Association · 2001 · 4.8K citations
Principles of nutritional assessment
Choice Reviews Online · 1990 · 2.8K citations
Nutrition, Nutrition Development, Public Health Nutrition +19
its Panel on Folate, Other B Vitamins · 1998 · 964 citations