De Jure · 2016 · 10 citations · 0 references
BusinessFinanceFinancial ManagementBankingFinancial AccountingFinancial PlanningFinancing StatementsRecovery FinanceBusiness Rescue AdministrationCorporate Rescue FinancingCorporate Rescue ProceedingsRehabilitation Proceedings
Is na-aanvangsfinansiering die doring in die vlees van ondernemingsreddingsverrigtinge ingevolge die 2008 Maatskappywet?Ondernemingsredding word toenemend as ’n gewilde en belangrike punt op die wetgewende agenda van lande wereldwyd beskou. In Suid- Afrika het die Maatskappywet 71 van 2008 (die Wet) wat op 1 Mei 2011 in werking getree het, geregtelike bestuur vervang met ’n ondernemingsreddingmodel wat onder andere die rehabilitasie van 'n maatskappy in finansiele nood as doelstelling het. Een van die sleutelfaktore van ’n suksesvolle ondernemingsreddingproses is die verkryging van na - aanvangsfinansiering. Die onderhawige artikel bevat ’n bespreking van die spesifieke tekortkominge van die ondernemingsreddingmodel wat ’n nadelige effek het op die vekryging van na -aanvangsfinansiering in die praktyk. Aandag word ook geskenk aan ondernemingsreddingsverrigtinge, na -aanvangsfinansiering in die algemeen en die rangorde van die eise van skuldeisers wat sogenaamde na -aanvangsfinansiering verleen. Daar word ook gekyk na die benadering wat deur die Verenigde State van Amerika in hoofstuk 11 van die Amerikaanse ‘Bankruptcy Code’, asook ander internasionale instrumente, gevolg word. Die outeurs doen dan ten slotte aan die hand dat ondernemingsredding as model slegs kan slaag indien daar ’n paradigma skuif plaasvind wat wat tot ’n meer skuldenaarvriendelike milieu tot gevolg sal he en sodoende sal verseker dat na - aanvangsfinansiering meer vrylik beskikbaar sal wees.