Phenology of fynbos, renosterveld and subtropical thicket in the south eastern Cape

Shirley M. Pierce, Richard M. Cowling

South African Journal of Botany · 1984 · 63 citations · 47 references

DOIFull text

Open access

Concepts

Abstract

Qualitative and quantitative phenological observations were made on 173 species in eight communities in climatically similar sites. Results indicated that in species growing on different substrates, soil type had a minimal effect on phenophases. Phenophase patterns were analyzed by grouping species into growth form classes. Geophytes and annuals grew from autumn to spring. The majority of restioids and C3 grasses grew most in the cool wet seasons. C4 grass species showed either a summer growth season or an additional cooler growth season; the former species do not occur westwards in the winter rainfall region while the latter do. Most succulents grew in autumn and spring while two species also grew in summer. Small leaved sclerophyll shrubs grew throughout the year and/or showed a summer growth peak. The former pattern is consistent with a ‘generalist strategy’ but the latter is not readily explained because of summer drought conditions. Subtropical large leaved sclerophyll shrubs showed irregular growth and reproduction whereas large leaved proteoid shrubs grew in summer and autumn. In all shrub growth forms maximum leaf loss occurred in summer. Phenophase patterns were explained in terms of ecophysiological factors but biological and historical factors were also considered. Kwalitatiewe en kwantitatiewe fenologiese waarnemings is op 173 plantspesies in agt gemeenskappe uit klimatologies-ooreenstemmende gebiede gemaak. Die resultate dui daarop dat in die geval van spesies wat op verskillende substrate groei, die grondsoort ’n minimale invloed op fenofases het. Fenofasepatrone is ontleed deur spesies in groeivormklasse te groepeer. Geofiete en eenjarige plante het vanaf die herfs tot die lente gegroei. Die meerderheid restio-agtige en C3 grasse het meestal in die koel nat seisoene gegroei. C4 grasspesies het òf ’n somergroeiseisoen òf ’n addisionele koeler groeiseisoen getoon. Eersgenoemde spesies kom nie weswaarts tot in die winterreënvalstreek voor nie terwyl laasgenoemde wel daar voorkom. Die meeste sukkulente groei in die herfs en lente terwyl twee spesies ook in die somer groei. Die sklerofiliese struike met klein blare groei dwarsdeur die jaar en/of toon ’n groeipiek in die somer. Eersgenoemde patroon is in ooreenstemming met ’n ‘algemene Strategie’ maar vanweë die droë somertoestande, is laasgenoemde patroon nie maklik verklaarbaar nie. Die subtropiese struike met groot blare se groei en voort-planting was onreëlmatig terwyl die protea-agtige struike met groot blare in die somer en herfs groei. By alle struikagtige groeivorme het maksimum blaarval in die somer voorgekom. Die fenofasepatrone is in terme van ekofisiologiese faktore verklaar maar biologiese en historiese faktore is ook in aanmerking geneem.

References

47