Journal of Family Ecology and Consumer Sciences / Tydskrif vir Gesinsekologie en Verbruikerswetenskappe · 2010 · 12 citations · 2 references
Social SciencesEconomicsReal EstateHousingHousing PolicyReal Estate EconomicsApartheid In Southern AfricaHousing DemandHousing EconomicsHousing MarketsHousing SegregationResidential SegregationApartheid Spatial LegaciesHousing Price DynamicsHousing PricesResidential Land PricesResidential Land PricingResidential Property Market AnalysisResidential Property PricesUrban Apartheid
Die opheffing van die Groepsgebiedewet in 1991 het gedurende die afgelope agt jaar 'n aansienlike verandering in die voormalige apartheidstede in Suid-Afrika help teweegbring. Die geskiedenis van Pietersburg, die hoofstad van die Noordelike Provinsie, het definitief die segregasieproses in daardie stad beïnvloed. Hierdie opname handel oor residensiële veranderinge in hierdie stad tussen Junie 1991 en Desember 1996. Die residensiële plasing van swart mense in die voorheen wit, kleurlingen Indiërgebiede in Pietersburg is gekarteer. Die opname toon dat die waarde van eiendomme in die middel en hoër ekonomiese status-buurte aanvanklik stabiel gebly het, maar na 1995, toe die persentasie swart huiseienaars in sommige gebiede tot 20% en selfs hoër gestyg het, het die pryse van eiendomme in hierdie buurte begin daal. 'n Resegregasieproses (sosiale hergroepering in hierdie woonbuurte) is ook besig om in hierdie stad na vore te tree.
2
The spatial formation of the South African City
Ron Davies · GeoJournal · 1981 · 153 citations